Tariewe 2018

Waterval Chalets

10 Persone ( 1 dubbelbed 4 enkelbeddends, 4 matrasse in lapa).

Volwassenes R300-00p/p per nag
Kinders: (7 - 12jr) R170-00p/p per nag
Kleuters (6jr en jonger) Gratis

Dagtariewe sluit in:  Akkomodasie, beddegoed badhanddoeke. Beperkte hout beskikbaar. Skoonmaakdeins 8 -12 R150/dag.

Dagtariewe sluit uit: Kos, drank, voertuie, skoonmaakdienste, swemhanddoeke

Fasiliteite: Beide Chalets:

Kombuis toegerus met gasstoof, gasyskas, eetgerei, glase, potte, panne ens. Gas, kerse, beddegoed en badhanddoeke word verskaf.'n Plaspoel en lapa met braaigeriewe is ook beskikbaar. Sonkrag ligte maar geen kragpunte. Beperkte hoeveelheid vuurmaakhout beskikbaar.

Pionier Chalets

8 Persone ( 1 dubbelbed 2 enkelbeddends, 4 enkelbeddends in lapa).

Volwassenes R300-00p/p per nag
Kinders: (7 - 12jr) R170-00p/p per nag
Kleuters (6jr en jonger) Gratis

Dagtariewe sluit in:  Akkomodasie, beddegoed badhanddoeke. Beperkte hout beskikbaar. Skoonmaakdeins 8 -12 R150/dag.

Dagtariewe sluit uit: Kos, drank, voertuie, skoonmaakdienste, swemhanddoeke

Fasiliteite: Beide Chalets:

Kombuis toegerus met gasstoof, gasyskas, eetgerei, glase, potte, panne ens. Gas, kerse, beddegoed en badhanddoeke word verskaf.'n Plaspoel en lapa met braaigeriewe is ook beskikbaar. Sonkrag ligte maar geen kragpunte. Beperkte hoeveelheid vuurmaakhout beskikbaar.

Dagbesoekers vir 4x4 R350.00 per Voertuig:

Linda: 082 929 5410/017 847 2039

Wildebos Tentkamp: (Slegs 4X4 voertuie)

Volwassenes R250-00p/p per nag
Kinders: (7 - 12jr) R130-00p/p per nag
Kleuters (6jr en jonger) Gratis

3 Tente (2beddens elk) word voorsien met beddegoed.

1 Luukse tent met eie badkamer

braailapa en buitekombuis. Eetgerei word voorsien

2 storte: 2 spoeltoilette: 2 wasbakke beskikbaar.

Warm water d.m.v. 'n "donkie". Geen Kragpunte maar wel sonkrag ligte. Beperkte hoeveelheid vuurmaakhout beskikbaar.

Mgqoma-Kamp

Volwassenes R250-00p/p per nag
Kinders: (7 - 12jr) R150-00p/p per nag
Kleuters (6jr en jonger) Gratis

4 Chalets met 1 driekwart bed en 4 enkelbeddends elk (2 bunkerbeddens). Beddegoed word voorsien. Sonkragligte. Geen kragpunte in chalets. Groot kuierlapa met braaigeriewe, onderdak kombuis met gasvrieskas, 6 gasbranders en opwasgeriewe. Potte, panne en eetgerei word voorsien. Eetgerei in elke chalet (vlekvryestaal borde, bekers en glase, asook messe, vurke, en lepels). Beperkte hoeveelheid vuurmaakhout beskikbaar. Skoonmaakdeins 8 -12 R150/dag.

"Generator" vir krag beskikbaar teen R20,00 p/uur (uurmeter).

Konferensiesaal beskikbaar

Waterval Chalét/Mgqoma kamp:

 Manda: 082 807 1054/017 845 1054

Algemene Inligting en Reëls

  1. Ons aanvaar geen aanspreeklikheid vir enige skade gely of besering opgedoen tydens u verblyf nie

  2. Vrywaring moet geteken word met afhaal van sleutels.

  3. Hou op gemerkte voertuig en wandelroetes

  4. Moet asb nie rommel strooi nie

  5. Laat die Chalet en terrein in die toestand waarin u dit graag wil ontvang.

  6. Plante, hout of enige toebehore mag nie beskadig of verwyder word nie.

  7. Meld asb alle foute so gou moontlik aan sodat ons dit kan herstel

  8. Geen besoekers word na sononder toegelaat om rond te ry of 'n skietlig te gebruik nie.

  9. Geen windgewere, rekkies, motorfietse of troeteldiere word in die reservaat toegelaat nie

  10. Geen ongemagtigde jag word toegelaat nie

  11. Geen maak van vure in ongemagtigde plekke nie

  12. Die chalet se glase mag nie tydens ritte in die veld gebruik word nie. Bring asb u eie glase vir die doel saam

  13. Geen glasbottels of glase toegelaat by waterval nie.

  14. Bly asb tussen merke by moddergate.

Terug Boontoe

Tuisblad

Tariewe

Jagpryse

Kaart

Kontak Ons