English

 

Holnek is binne twee en 'n halfuur se ry vanaf Gauteng. Die Reservaat is 'n deel van die ongerepte natuur soos net die Platorand van Mpumalanga dit kan bied.

Meer as 18 wildsoorte kom

voor , o.a. blouwildebees,

koedoe, gemsbok, zebra, blesbok, springbok, vaal- en rooiribbok, eland, rooihartebees, waterbok en ook nog ander kleinwildsoorte. Die reservaat het talle voëlspesies, waarvan meer as 100 gelys is.

 

Tuisblad

Tariewe

Jagpryse

Kaart

Kontak Ons

 

Holnek  Wild- en Natuurreservaat bied 'n wye verskeidenheid aktiwiteite aan alle natuurliefhebbers.

Daar is 'n uitdagende 4X4 roete en verskeie wandelroetes. Met die roete deur die kloof, kan jy jou 4X4 vernuf kom toets. Vir die hengelaar is daar 3 damme met onderskeidelik Swartbaars en Floridabaars.

 

Holnek beskik oor twee A-raamchalets, naamlik die Pionier-chalet en die Waterval-chalet. 'n unieke atmosfeer word geskep met grasdaklapas, en 'n plek om 'n groot kampvuur aan te pak. By elke chaletis 'n plaspoel vir koel lafenis na 'n dag in die pragtige natuur van Holnek.

 

Wildebos Tentkamp.

3 x 2 man tente (2 bed elk) en 1 luukse tent met eie badkamer, geleë op 4X4 roete. Daar is 'n Braaiarea en buitekombuis. Gerieflikie stort- en badkamergeriewe is ook beskikbaar. Sonkragligte en "donkie" vir warm water

 

Die Mgqoma-kamp het 4 losstaande kamers met 1X3/4 bed en 4X enkelbeddens en sonkragligte 'n groot kuierlapa met braaigeriewe en onderdak kombuis asook 'n plaspoel vir die warmer dae om in af te koel is ook beskikbaar.

Konferensie fasiliteite beskikbaar.